Welkom by Kinderland

Kinderland streef daarna om vir kinders ‘n 2de tuiste te bied waar hulle veilig en geborge kan voel en met behulp van liefdevolle, toegewyde personeel kan groei, speel en leer om so hul unieke potensiaal te ontwikkel.

Visie

Kinderland – ‘n voorskoolse sentrum wat streef na uitnemendheid.

Missie

Om ‘n veilige en geborge tuiste vir elke kind te skep.
Om ‘n suiwer opvoedkundige en professionele onderbou in alle aktiwiteite te verseker.
Om Kinderland vanuit sterk Christelike beginsels te bedryf.