Uit die mond van ons ouers

  • Kinderland is werklik my kind se tweede huis.  Ons dogtertjie is versot op haar tannies wat haar van ‘n vroeë ouderdom so slim maak. Gesonde kos, aktiwiteite en plesier.  Ons het nog nooit by Kinderland ingestap en ‘n tannie sonder ‘n glimlag gesien nie, dit kan geen geld koop nie – dankie.

    Schoeman en Anja du Preez (Ansoné)
  • Kinderland is ‘n puik skool in alle opsigte.  Ek het regtig gemoedsrus wanneer ek my kind aflaai.  Die personeel is ongelooflik goed met die kinders en so vriendelik – almal is engele.

    Philip en Elizma Botha (Elizbé)
  • Kinderland was ‘n veilige plek waar Daniël, as enkelkind, kon leer om saam te speel, te deel, te skep en sy eie stem te vind.  Onder die wakende oë van liefdevolle personeel, me ‘n hart vir Jesus, kon ons hom elke dag sien ontwikkel.  Daniël was meer as voorbereid om grootskool toe te gaan.

    Nicholas en Angelique Hanekom (Daniël - eerste inskrywing 2010)
  • Toe my kindjie hier land, word hy getransformeer, geleer en gerespekteer.

    Johan en Riana Roux (Erje)
  • Kinderland is ‘n omgee huis vir ons kind waar hy elke dag versorging, vriendskappe en vet-pret-speel ervaar!

    David en Andriëtte Smit (David)
  • Kinderland is ‘n ongelooflike skool met Christelike beginsels.  Die kinders word op soveel verskillende vlakke ontwikkel en als gebeur speel-speel.  Ek is baie dankbaar om deel te  kan wees van die Kinderland familie.

    Liezl Briedenhand (Carli enWiko)

Welkom by Kinderland Sentrum

Kinderland streef daarna om vir kinders ‘n 2de tuiste te bied waar hulle veilig en geborge kan voel en met behulp van liefdevolle, toegewyde personeel kan groei, speel en leer om so hul unieke potensiaal te ontwikkel.